Linlithgow-paleis

Die suidelike aansig van Linlithgow-paleis.
Die groot saal, of parlementshuis.

Die ruïnes van Linlithgow-paleis (Engels: Linlithgow Palace) is op die dorp Linlithgow in Skotland geleë, sowat 24 km wes van Edinburg. Die paleis was in die 15de en 16de eeu een van die hoofwonings van die monarge van Skotland. Nadat die land se konings in 1603 ook die monarge van Engeland geword het, is die paleis min gebruik en in 1746 is dit grootliks afgebrand. Dit is nou ’n toeriste-attraksie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy